Tuis Blad Personeel Leiers Geskiedenis Projekte Akedemie Sport Kultuur Kontak ons Skakels

Bertus van Niekerk

Janet

Voorwoord vanaf Beheerliggaam Voorsitter: Sarel Kritzinger

Ons kan terug kyk na ons skool se geskiedenis van 70 jaar en met trots getuig dat die skool voorwaar ‘n rots in die gemeentskap is. Daar is talle mense wat met harde werk en baie opofferings Laerskool Eloff gevestig het as die uitmuntende skool wat dit vandag is.

In die heedendaagse tye is daar ook verskeie uitdagings wat ons moet aanpak. Dit is uiters noodsaaklik dat ouers, personeel en lede van die gemeentskap hande moet vat en as ‘n span moet saamwerk om sodoende ‘n blink toekoms vir ons kinders te help vestig. Kennis en wysheid kan nooit van jou weggeneem word nie en dit is die fondament vir ‘n suksesvolle toekoms.

Ons verwelkom kommentaar en insette wat ‘n positiewe bydrae maak tot die gehalte onderrig wat die skool bied. Maak asseblief gebruik van die kommunikasie middele tot u beskikking – telefoon, faks, e-pos, gewone pos of handpos – en deel u idees en kommentaar met ons.

Baie dankie aan elke persoon wat betrokke is by ons kinders en die skool. Ons kinders is ‘n geskenk van God en hulle verdien net die beste.

Sarel Kritzinger

 

Sarel Kritzinger

Leonie


Maria Schutte